Vrou dood na toerusting van vragmotor op motor val

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Vrou, vermoedelik in haar dertigs, is vanoggend dood toe swaar industriële toerusting van die agterkant van ‘n vragmotor op haar motor op die M61 in Meyerton afgeval het.

Vrou in kritieke toestand

ER24 berig ER24-paramedici en Midvaal Fire het om 09:54 op die toneel gearriveer en die twee voertuie in die middel van die pad gekry. Daar is gevind dat ‘n groot industriële masjien op die voorste helfte van die ligte motor geval het. ‘n Vrou is in ‘n kritieke toestand in die motor vasgekeer gevind.

Vrou in hospitaal dood

Midvaal Fire het gespesialiseerde toerusting gebruik om die vrou uit die motor te bevry. Nadat sy uit die motor gehaal is, het hulle haar ondersoek en gevorderde lewensondersteuning toegepas. Na behandeling is die vrou na ‘n privaat hospitaal geneem. Sy het in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

LEES OOK: Cape Gate Mall – winkels gisteraand geteiken en beroof

LEES OOK: Pa slaan vier maande oue baba dood omdat sy nie wil ophou huil nie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.