Tik byvoorbeeld by jou Google-soekenjin in Wizard of Oz en klik op die rooi skoentjies wat jy langs die naam van die fliek sien. Cool, nè? Klik op die tornado om jou skerm weer normaal te kry.

Nog ’n interessante ding wat jy nooit geweet het nie, is dat wanneer jy die woord askew by jou soekenjin intik, jou skerm letterlik skeef sal voorkom. Probeer dit!

Sit by jou soekenjin die woorde do a barrel roll in en kyk wat maak jou skerm!

Soek ook Google gravity en klik op die eerste skakel om Google se letters op jou skerm te sien rondval.

As jy nie ’n munt het nie, maar jy wil graag ‘n munt in die lug opskiet om op sy kop of stert te beland, soek flip a coin op Google en gebruik daardie muntstuk.




