KALIFORNIË. – ‘n Ma is aangekla van moord nadat sy na bewering haar drie kinders, onderskeidelik drie jaar, twee jaar en ses maande oud, vermoor het om hulle teen hulle pa (haar eks-man) “te beskerm”.
Liliana Carrillo (30) is aanvanklik in hegtenis geneem nadat sy ‘n voertuig probeer steel het toe sy glo na die twee dogters en seun se dood probeer vlug het. Die kinders se liggame is deur hulle ouma in ‘n woonstel gevind waarna sy die nooddienste gebel het..
Pa sou kinders sien voor ma hulle glo vermoor
”Ek wou nie my kinders verder laat mishandel nie,” het Carrillo in ‘n onderhoud met NBC-nuus gesê. In die onderhoud het sy ook gesê sy het haar kinders verdrink, maar dit moet nog met behulp van nadoodse ondersoeke bewys word.
Verlede maand het die vader van die kind, Erik Denton, beweer Carrillo het geweier om hom te sê waar sy die kinders aanhou. Hy het volgens die Los Angeles Times enige bewerings van kindermishandeling ontken. Denton het ook talle kere hulp by die polisie gaan soek. Die kinders is toe ‘n dag voor hy hulle weer sou sien, dood gevind.
LEES OOK: Stiefpa verkrag stiefdogter, sê daarna sy moet stort
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus



