Crocs raak al hoe gewilder, het jy al jou paar?

Die skoenvervaardiger het Dinsdag aangekondig die maatskappy het in die eerste drie maande van die jaar rekordverkope gerapporteer.

Crocs raak die jaar al hoe gewilder

Crocs raak die jaar al hoe gewilder Foto: BBCnews.com

Nie elkeen is ‘n aanhanger van Crocs nie, maar of jy dit nou wil hoor of nie – dié skoen raak elke dag al hoe meer gewild.

Die skoenvervaardiger het Dinsdag aangekondig die maatskappy het in die eerste drie maande van die jaar rekordverkope gerapporteer.

TikTokkers dans in Crocs

Crocs se verkope het in die eerste kwartaal met 64%, tot $ 460 miljoen gestyg vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Andrew Rees, uitvoerende hoof van Crocs, het aan BBC-nuus gesê hy verwag nou dat die verkope vir die hele jaar met soveel as 50% sal styg.

#crocs is ook al 1,6 miljard keer op TikTok gebruik, waar bekendes op dié app video’s opsit waarin hulle in Crocs ronddans of wys hoe hulle hul skoene stileer.

LEES OOK: Ma vermoor glo haar drie kinders om hulle ‘te beskerm’

EES OOK: Stiefpa verkrag stiefdogter, sê daarna sy moet stort

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: