Onderwyseres se liggaam gevind nadat sy glo ontvoer is

“Daar sal ‘n nadoodse ondersoek gedoen word om vas te stel hoe die vrou vermoor is.”

Onderwyseres se liggaam gevind nadat sy glo ontvoer is

Onderwyseres se liggaam gevind nadat sy glo ontvoer is Foto: Facebook

PARKTOWN – Die onderwyseres, Naadira Vanker (31), se liggaam is in ‘n graf gevind nadat sy glo by haar huis in Lenasia-Suid ontvoer is.

“Daar word beweer dat Vanker op 22 April 2021 omstreeks 06:00 deur twee mans uit haar huis ontvoer is. Die verdagtes het na bewering toe in die voertuig van die slagoffer gery wat later verlate in Ennerdale gevind is,” volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Onderwyseres se liggaam in graf uitgewys

Die saak is aan die polisie gerapporteer en ‘n span speurders het ‘n ondersoekspan op die been gebring. Op die aand van 27 April 2021 het die die span na ‘n hut in Phumlamqashi, Lenasia-Suid gegaan, waar een van die verdagtes gevind is. Die verdagte het die polisie na ‘n graf in die tuin waar die slagoffer begrawe was, geneem.

Nog ‘n verdagte op vrye voet

Die polisie se soek-en-reddingspan sowel as forensiese kundiges is ontbied en die liggaam is opgegrawe wat later deur die gesin as dié van Vanker geïdentifiseer.

“Daar sal ‘n nadoodse ondersoek gedoen word om vas te stel hoe die vrou vermoor is. Die polisie is ook op soek na ‘n tweede verdagte wat nog op vrye voet is.”

LEES OOK: Beloning aangebied na ma en gestremde seun op plaas vermoor is

LEES OOK: Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: