Minderjariges glo gedwing om seks te hê vir kos

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ’n Senior munisipale amptenaar en sy vrou het glo twee minderjariges gedwing om met hom seks te hê in ruil vir etes.

’n Bykomende aanklag vir verkragting is aanhangig gemaak teen ’n senior amptenaar (49) in die plaaslike regering, ’n direkteur by ’n sekere munisipaliteit in Gauteng, oor die bewering dat hy nog ’n minderjarige verkrag het.

LEES OOK: 27 Ontsnapte gevangenes vasgetrek

Deur buurman verkrag

Hierdie bykomende aanklag het ontstaan ​​nadat ’n 14-jarige meisie beweer het dat sy in 2014 deur die verdagte, wat haar buurman is en aan haar bekend is as ’n oom van haar vriend, verkrag is. Die slagoffer, wat toe sewe jaar oud was, het onthul dat sy met die niggie van die verdagte gespeel het toe hy haar (niggie) winkel toe gestuur het. Die verdagte het die slagoffer glo daarna na sy kamer geneem waar hy haar klere uitgetrek en verkrag het. Sy het verder beweer dat die verdagte haar gedreig het om haar dood te maak as sy iemand sou vertel.

Besluit om vorendag te kom

Die slagoffer het uiteindelik die moed bymekaargeskraap om haar stilswye te verbreek nadat die verdagte op twee ander aanklagte van verkragting in hegtenis geneem is.

Na ’n deeglike ondersoek na haar omstandighede gedoen is, is die meisie na ’n plek van veiligheid geneem.

In hegtenis geneem

Die verdagte is saam met sy vrou (36) op Vrydag 23 April 2021 in hegtenis geneem weens ’n saak van verkragting waarby twee minderjariges tussen 13 en 15 jaar oud betrokke was.

Die verdagtes het op Maandag 26 April 2021 in die landdroshof op Bushbuckridge verskyn op twee aanklagte van verkragting. Hulle sal tot 29 April 2021 in hegtenis bly weens ’n formele borgtogaansoek. Die man sal vandag sy eerste verskyning maak vir die vermeende verkragting van die 14-jarige.

LEES OOK: 10 Tekens dat jy in ‘n emosionele beledigende verhouding is