Dik groentesop – resep

Die perfekte resep vir die koue wat naderkruip.

Dik groentesop - resep (Foto: Elaine Buckmann, Hardekool Kombuis Resepte, Facebook)

Dik groentesop - resep (Foto: Elaine Buckmann, Hardekool Kombuis Resepte, Facebook)

Hier is ‘n resep vir ‘n heerlike dik groentesop. Perfek vir die koue wat naderkruip!

So maak jy

300 g aartappels, in blokkies gesny
200 g wortels, in blokkies gesny
1 uie, in repies gesny
1 knoffeltoontjie, fyngedruk
500 g beesvleis, in blokkies gesny
2 eetlepels meel
Olie
Sout & peper
3 eetlepels paprika
2 eetlepels tamatiepasta
1 teelepel sout
150 ml rooiwyn
600 ml vleisekstrak
1 blikkie tamaties, fyn gesny

Verhit ‘n paar eetlepels olie in ‘n kastrol. Rol die vleis in die meel en braai dit vir ongeveer 5 minute. Haal die vleis uit die kastrol, strooi ‘n klein bietjie sout oor en hou eenkant. Braai nou die uie en knoffel tot glaserig. Voeg die paprika by en roerbraai alles saam. Voeg nou die wortels, aartappels en tamatiepasta en die vleis by die uie en knoffel. Roer ‘n paar keer. Voeg rooi wyn, vleisekstrak en die tamaties met die sap by. Geur met sout en peper. Verlaag die hitte, sit deksel op en laat vir ongeveer 2 ure stadig kook. Roer af en toe. Geur met sout en peper.

Bedien warm.

Vervang die rooiwyn met meer vleisekstrak as jy wil.

Resep: Elaine Buckmann, Hardekool Kombuis Resepte, Facebook

Lees ook: Koffietert – Resep

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: