Seuntjie (7) glo in huis toegesluit sonder kos, water

Die kind is intussen uit die huis verwyder en na ‘n veilige plek geneem.”

Seuntjie (7) glo in huis toegesluit sonder kos, water

Seuntjie (7) glo in huis toegesluit sonder kos, water Foto: thelineup.com

KWAZULU-NATAL. – ‘n Seuntjie (7), met spesiale behoeftes, is gered nadat hy glo vir ‘n maand in ‘n huis saam met honde sonder enige water, kos of elektrisiteit toegesluit is.

Die seun, wat by sy pa gebly het, is deur lede van die publiek opgemerk toe hy daagliks binne in die huis agter diefwering toegesluit was, lui die verklaring wat deur die departement van maatskaplike ontwikkeling uitgereik is.

Seuntjie vir maand in huis toegesluit

Daar word beweer die seun is deur sy ouma in die sorg van sy pa geplaas. Die pa het die seun glo meer as ‘n maand gelede in die huis toegesluit.

Nonhlanhla Khoza, LUR van die departement van maatskaplike ontwikkeling, sê sy sal daarop aandring dat die wetstoepassers geen genade het met individue wat betrokke is by enige vorm van kindermishandeling nie.

‘n Span maatskaplike werkers is gestuur om die seun psigososiale ondersteuning te gee. Die kind is ook intussen uit die huis verwyder en na ‘n veilige plek geneem.”

LEES OOK: Boer Johan van Boer Soek ‘n Vrou Saterdagoggend oorlede

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: