Waarsku die katte onder jou motor

Dit is belangrik om katte wat onder jou motor wegkruip te waarsku voor jy jou motor aanskakel.

'n Kat wat hier wegkruip kan ernstig gebrand, beseer of doodgemaak word wanneer die motor aangeskakel word.

'n Kat wat hier wegkruip kan ernstig gebrand, beseer of doodgemaak word wanneer die motor aangeskakel word. (Foto:ABC News)

Soos die koue weer al naderkom, is dit baie algemeen vir katte om ‘n warm wegkruipplekkie te soek. ‘n Baie aanloklike plek vir katte om weg te kruip, is onder ‘n motor se enjinkap, asook op die motor se wiele. ‘n Kat wat hier wegkruip, kan ernstig gebrand, beseer of gedood word wanneer die motor aangeskakel word. Dit is dus belangrik om katte wat onder jou motor wegkruip te waarsku voor jy jou motor aanskakel.

Volgens Daily Paws moet jy die volgende doen voor jy jou motor se engin aanskakel:

Kyk orals waar jy moontlik kan, of jy nie ‘n kat sien nie. Kyk na plekke waar hul kan slaap, soos byvoorbeeld onder die motor se enjinkap en bo-op die wiele. Maak geraas soos jy beweeg. Dit sal ‘n slapende kat wakker maak.

Klim in jou motor en druk die toeter en wag ‘n rukkie voor jy jou motor aansit. Katte wat onder jou motor wegkruip, skrik gewoonlik wanneer jy die motor aanskakel en weet dan nie wat om te doen nie. Hulle is soms te laat om uit te spring.

Lees ook: Agt ongemaklike waarhede wat ons moet aanvaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: