Limpopo-hospitaal se Covid-afdeling brand, twee dood

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Twee mense is dood nadat daar vroeg vanoggend ‘n brand by die F.H. Odendaal-hospitaal in Limpopo se Covid-19-afdeling uitgebreek het.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid, het vroeër vandag dié hospitaal op Modimolle besoek. Volgens Ramathuba is al die ander pasiënte gered. ‘n Span kundiges is gestuur om die omstandighede oor die oorsaak van die brand te ondersoek.

Limpopo-hospitaal se brand ondersoek

Ramathuba hou na verwagting vandag ‘n vergadering met die hospitaalbestuur. Meer inligting sal na die vergadering bekendgemaak word. Al wat sover aan die media bekend is, is dat die brand glo 04:00 Dinsdagoggend uitgebreek het.

Daar word berig een van die slagoffers was ‘n gevangene wat in die hospitaal behandeling ontvang het.

LEES OOK: KYK: Video waarin vrou glo kind wil ontvoer, het ouers bekommerd

EES OOK: Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.