VAALDRIEHOEK. – Die video waarin ‘n vrou na bewering sonder toestemming ‘n kind in ‘n winkel neem en wil ontvoer, het ouers op sosiale media bekommerd.
“Ek sit die video op sodat mense met kinders ekstra versigtig kan wees. Die video is van my kleinkind en my dogter. Dit het Vrydag in Vaaldriehoek gebeur. Hulle is besig met ‘n ondersoek om hulle vas te trek,” lui die inskrywing by die video.
Polisie bewus van video waarin vrou glo kind wil ontvoer
Die video, wat reeds 4 676 keer gedeel is, is al 53 600 keer na gekyk. Die CCTV-beeldmateriaal begin by die kind wat op ‘n reling sit. Daarna gaan dit oor na ‘n vrou wat ‘n kind dra. ‘n Ander vrou kom dan aangehardloop en vat die kind by die eerste vrou af.
Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het in ‘n polisieverklaring die voorval bevestig en gesê niemand is al in hegtenis geneem nie.
LEES OOK: Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak
LEES OOK: Seun val 12 m na hy op reling van roltrap ‘ry’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



