Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak

Dit was tot vir haar moeilik om haar tweede kind se doeke om te ruil en om hom daagliks aan te trek.

Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak

Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak Foto: metro.co.uk

ENGELAND. – Charlotte Chen, wat eers gedink het sy het ‘n spier seergemaak, kon later nie eers meer haar eie tande borsel nie voor sy op die ouderdom van 35 met Parkinson-siekte gediagnoseer is.

Die niksvermoedende ma het swanger geraak met haar tweede kind en het erge moegheid ondervind. Sy het nie veel daarvan gedink nie, aangesien vele swanger vroue dit ondervind. Na die geboorte het sy spierpyne oral oor haar lyf gehad. Die ma van twee het maar gedink dis omdat sy twee woelige kinders grootmaak.

Erge pyn voor diagnose

Mense het begin oplet Chen het vreeslik pyn en sy het daaglikse take al hoe stadiger begin doen. Die jong ma het later gesukkel om tande te borsel en self aan te trek. Dit was tot vir haar moeilik om haar tweede kind se doeke om te ruil en om hom daagliks aan te trek.

Na toetse en doktersafsprake was die ma geskok toe sy met Parkinson-siekte gediagnoseer word. Die meeste mense word in hul 60’s gediagnoseer, met slegs 1,2% jonger as 50.

Foto: Chen en haar gesin (metro.co.uk).

In die afgelope jare het die ma (35) van twee se simptome vererger. Sy ondervind nou distonie – waar ‘n persoon se spiere onbeheerbaar saamtrek – in haar tone en linkerbeen, en diskinesie – onbeheerde, onwillekeurige beweging – in haar regterkant en been.

Ma hoop op nuwe middel

Nou dat Chen terugdink, het sy twee jaar voor haar diagnose al pyne ervaar. Haar werk het vereis dat sy baie op die rekenaar werk en sy het altyd gedink haar lyfseer is te wyte aan oorgebruiksbesering.

Chen, wat haar werk moes opgee as gevolg van die daaglikse pyn, hoop nou om deel te neem aan ‘n proef vir ‘n nuwe middel, maar as dit nie help nie, kan sy ‘n diepbreinstimulasie-operasie ondergaan, waar ‘n toestel in die brein geplaas word om elektriese impulse daardeur te stuur.

LEES OOK: Bejaarde (74) al van Kersdag af vermis

LEES OOK: Seun val 12 m na hy op reling van roltrap ‘ry’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *