AUSTRALIË. – Uitsonderlike foto’s van ‘n vis wat binne-in ‘n jellievis vasgevang is, is deur Tim Samuel, Australiese fotograaf, geneem toe hy in Byronbaai aan die noordkus van New South Wales geduik het.
Vis binne-in jellievis vasgevang
Wat nog méér uitsonderlik is, is volgens Samuel dat die vis kon beheer in watter rigting die jellievis beweeg, berig My Modern Met.
Samuel, wat al vir vyf jaar ‘n fotograaf is en ‘n branderplankry-afrigter voor dit was, sê hy het nog nooit vantevore so iets gesien nie.

Behalwe vir die vissie se bekommerde gesig, sê Ian Tibbets, professor by die Universiteit van Queensland, dat dit moeilik is om te sê of dit ‘n probleem is en of die vis gelukkig is daar waar hy is. Sommige visse soek skuiling onder jellievisse, so dalk is dít wat veroorsaak het dat hy daar beland het.



