Leo Prinsloo is SA se eie Chuck Norris

Hy reageer dadelik en begin deur die verkeer wegjaag van die rowers.

Leo Prinsloo onder beskerming ná doodsdreigemente (Foto: Facebook)

Leo Prinsloo onder beskerming ná doodsdreigemente (Foto: Facebook)

CENTURION. – Leo Prinsloo het na dié naweek in Suid-Afrika bekend geraak as SA se eie Chuck Norris.

Meeste mense sal heeltemal beheer verloor as koeëls van alle kante af op jou neerreën. Maar nie Leo Prinsloo nie.

Prinsloo, wat op 22 April van transitorowers kon wegkom, het internasionaal opslae gemaak toe hy op ‘n video van die rooftog so koel soos ‘n komkommer voorgekom het.

Prinsloo het sedert die video in omloop is, die status van Suid-Afrika se eie Chuck Norris.

In die video is dit duidelik hoe Prinsloo in die truspieëltjie loer oomblikke voor die koeëls op hom en sy kollega begin reën. Hy reageer dadelik en begin deur die verkeer wegjaag van die rowers en sê intussen vir sy kollega om sy wapen gereed te hou.

Prinsloo is ‘n voormalige lid van die SAPD en die hoofinstrukteur by Fortis Pro Active Defence se Lone Operator-kursusse.

Hy is ook die eienaar van The Edge Shooting Academy.

Prinsloo is nie beskikbaar vir kommentaar nie, aangesien die saak nog ondersoek word.

Kyk hier na die video:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: