Agt ongemaklike waarhede wat ons moet aanvaar

Deel hierdie storie / Share this story

1. Geluk is nou of dis nêrens

Geluk lê nie in ‘n nuwe werk, ‘n nuwe verhouding, ‘n nuwe kar of in ‘n nuwe doelwit nie. Totdat jy nie aanvaar dat geluk nié op ‘n ander plek lê nie, sal dit noot wees waar jy is nie.

2. Wenners gee op

Om te weet wanneer om op te hou, van rigting te verander, ‘n giftige situasie te verlaat, meer van die lewe te verwag, is ‘n baie belangrike lewensvaardigheid wat wenners het. Moenie opgee omdat dit moeilik is nie, gee op omdat dit nie vir jou goed is nie.

3. As hulle wou, sou hulle

As jy druk op iemand plaas, doen hulle wat jy wil hê hulle moet. Sodra jy die druk van iemand afhaal, doen hulle wat hulle eerder wil.

4. Om nie ‘n risiko te neem nie, is die grootste risiko om te neem

Jy moet die kans waag om te misluk om suksesvol te kan wees. Jy moet die kans waag om afgekeur te word om aanvaar te kan word. Jy moet hartseer waag om by liefde te kan uitkom.

5. Sien jou foute raak

Moenie dat jou ego die enigste ding is wat veroorsaak dat jy oor en oor dieselfde foute maak nie.

6. Closure is ‘n keuse

Afsluiting is nie ‘n verskoning, regverdigheid of antwoord nie. Dis aanvaarding van die situasie.

7. As jy alleen gelukkig is, sal julle saam gelukkig wees

Daar is geen liefde wat genoeg sal wees vir die persoon wat homself nie liefhet nie. Totdat jy nie ‘n gesonde verhouding met jouself het nie, sal jy nooit ‘n gesonde keuse kan maak as dit by verhoudings kom nie.

8. Dis nie jou werk om gebroke harte heel te maak nie

Jou verantwoordelikheid om iemand te help, sal nooit groter as hulle verantwoordelikheid om hulself te help, wees nie.