Doom-advertensie nié rassisties nie, sê ARB

Foto: Business Insider

Die advertensie waarin ‘n swart man sit en pizza eet en dan Doom gebruik om ‘n vlieg dood te maak, is nié rassisties nie, sê die advertensiebeheerraad (ARB).

Christian Henn het ‘n klagte ingedien teen die advertensie wat op SABC2 verskyn het.

Henn het gesê die advertensie mag dalk die idee gee dat dit veilig is om Doom te gebruik terwyl jy eet. “En hoekom ‘n swart man? Is dit omdat swart mense dom genoeg is om Doom op kos te gebruik?” het hy gevra.

Doom het natuurlik gesê die advertensie stel nié voor dat dit veilig is om naby kos te gebruik nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *