BEAUFORT-WES. – Die polisie ondersoek ’n saak van moord nadat ’n man (60) en ’n vrou (59) die naweek dood in hulle huis in Hospitaalheuwel gevind is.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na die voorval ontbied en die egpaar is op die toneel dood verklaar.
Volgens Spies is die twee slagoffers albei in die kop geskiet en ’n vuurwapen is ook op die toneel gevind.
Die ondersoek duur voort.
LEES OOK: Ernstige allergiese reaksie na Johnson & Johnsons-entstof, een in hospitaal
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



