Vliegtuig na 12-jarige vernoem

Deel hierdie storie / Share this story

Liam Perumal (12) is die eerste Suid-Afrikaner na wie ’n FedEx-vliegtuig vernoem is.

Liam is gekies volgens ’n tradisie wat in 1973 begin het, toe die heel eerste FedEx Express-vliegtuig, ’n Dassault Falcon 20, ‘Wendy’ genoem is, om die dogter van Frederick W. Smith, stigter, voorsitter en uitvoerende hoof van FedEx, te vereer.

LEES OOK: 12 Beseer in taxi-ongeluk

Vir meer as 30 jaar is elke vliegtuig in die FedEx-vloot na ’n werknemer se kind vernoem. Die kinders se name word getrek en op elke vliegtuig geverf.