August 4, 2021

Nuwe advertensie oor borsvoeding gaan glo volle waarheid wys

Die digitale advertensie het al meer as 1,4 miljoen kyke gehad en honderde kommentaar wat die rou uitbeelding geprys het.

Nuwe advertensie oor borsvoeding gaan glo volle borste wys

Nuwe advertensie oor borsvoeding gaan glo volle borste wys

’n Nuwe advertensie, wat bewusmaking oor die rou werklikheid van ‘n nuwe ma-wees en spesifiek oor borsvoeding wys, gaan glo tydens die Golden Globes vir die eerste keer op die Verenigde State se televisies vertoon word.

Aangesien die advertensie borsvoedende vroue se borste ten volle wys, is daar toegewings gemaak. Terwyl die digitale weergawe van 1,15 minute nie geredigeer word nie, sal tepels in die korter TV-advertensie van 30 sekondes vervaag word.

LEES OOK: 12 Beseer in taxi-ongeluk

Die ‘Stream of Lactation‘-advertensie, ontwikkel deur Frida Mom – ’n handelsmerk wat op die ‘vierde trimester’ gefokus is, vang die betowering én die stryd van borsvoeding vas.

Die digitale advertensie is al meer as 1,4 miljoen keer gekyk en het honderde kommentare, wat die rou uitbeelding geprys het, gekry.

Kyk hier na die advertensie:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *