ALBERTON. – Altesaam 12 mense is vanoggend beseer toe ’n taxi op die R59 naby die N12 in Alberton gerol het.
Paramedici van ER24 het omstreeks 07:04 op die toneel opgedaag en die taxi op sy sy in die regterbaan aangetref. Die passasiers het reeds uit die voertuig geklim en langs die pad gesit.
LEES OOK: Jonkershoek brand steeds
Paramedici het die pasiënte ondersoek en gevind 12 volwassenes het ligte tot matige beserings opgedoen. Geen sterftes is gevind nie.
Die pasiënte is behandel en daarna na verskeie hospitale vir verdere sorg vervoer.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.



