Jonkershoek brand steeds

Deel hierdie storie / Share this story

JONKERSHOEK. – Brande rondom die berge van Stellenbosch woed na ’n week steeds.

Brandbestryding gaan voort om die vlamme in die Jonkershoekvallei te bekamp en vars brandbestrydingspersoneel word gereeld na die toneel gestuur.

LEES OOK: Wêreld se eerste geslagstransformasie-chirurgie op identiese tweeling

Brande op die pieke van Bothmaskop tot by Jonkershoek woed tans in ’n baie hoë, meestal ontoeganklike terrein.

Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê geen aksie word vir hierdie gebiede beplan nie weens die gesamentlike risiko van ontoeganklikheid, lae sigbaarheid en digte wolkbedekking.

Na raming is 13 600 hektaar geraak, insluitend gebiede aan die Overberg-kant.