BRASILIË. – ’n Identiese tweeling sal die wêreld se eerste gesamentlike geslagsveranderingsoperasie ondergaan. Mayla en Sofia (19) sê hulle het hulleself nog nooit as seuns geïdentifiseer nie en hoop die verhaal van hulle transformasie sal ander inspireer om vir hulle drome te veg.
LEES OOK: Inspirasie vir die dag – Dit is ’n nuwe dag
Volgens Daily Mail sê dr. Jose Carlos Martins, wat die operasie uitgevoer het, dit is die enigste geval ter wêreld van ’n manlike tweeling wat hul geslag saam wou verander.
Mayla en Sofia het op 13 en 14 Februarie die operasies van vyf uur elk in ’n transgender-sentrum in Brasilië ondergaan. Hulle gesin het hulle elke stap van hul reis ondersteun.
Lees meer artikels hier.



