Dagga ná my kinders in die bed is: ‘Dis dieselfde as ‘n glasie wyn’

Fladager poseer voor 'n bord met die woorde: "Ma-waarheid: Dagga behoort net so aanvaarbaar te wees soos 'n glas wyn."

Caitlin Fladager (27), ‘n ma van twee, het opslae gemaak toe sy aanlyn erken het dat sy elke dag dagga rook en dat dit van haar ‘n beter ma maak.

“Dis vir my so snaaks hoe vreemd almal dink dagga is,” deel Fladager met haar Instagram-volgelinge. “Niemand dink dis vreemd as ‘n ma sê sy drink ‘mom juice‘ (wyn) na haar kinders in die bed is nie. Maar wanneer ‘n ma sê sy rook dagga, is dit ‘n groot skok.”

Verder vertel sy: “Ek was nog nooit die geduldigste met my twee kinders nie. Dagga maak my ‘n beter ma. Ek kry ‘n goeie nagrus wanneer ek gerook het en ek word met ‘n meer wakker kop wakker.”

Fladager kon ook ophou om haar anti-depressante te drink en sê dagga help ook baie om angs te bestry.

“Dagga is my glas wyn. Dis my blikkie bier. Dis my ontspantyd. Jy kan dagga rook en stééds ‘n gatskopma wees!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *