Kom stap in die Voortrekkers se spore

Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees teen R50 per volwassene en R20 per kind.

Kom stap in die Voortrekkers se spore (Foto: Pinterest)

Kom stap in die Voortrekkers se spore (Foto: Pinterest)

KIMBERLEY. – Is jy lus vir ‘n dag in die laer? Presies nes dit jare gelede was? Wonder jy oor presies hoe die Voortrekkers koffiebone gerooster het, botter gemaak het of brood gebak het? Is dit dalk iets wat jy wil hê jou kinders moet ervaar?

Saterdag 8 Mei vind ‘n “reis na die verlede” plaas. Van 09:00 tot 16:00 kan jy by 8 Myl aan regte egte boeresportkompetisies gaan deelneem, regte Voortrekkerwaens van naderby bekyk, sien watter klere destyds gedra is en jouself in die lewe van ‘n Trekker inleef.

Daar sal stalletjies met vars groente en vrugte, varsgebakte brood, sosaties en selfs items soos op die Groot Trek gebruik is, te koop wees.

Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees teen R50 per volwassene en R20 per kind.

Daar sal ook die aand om 18:00 veertien tradisionele Voortrekkerdisse in ‘n laer van ossewaens bedien word, presies soos dit tydens die Groot Trek geniet is. Kaartjies vir die ete beloop R150 per persoon.

WhatsApp vir Marius by 083 778 9179 om jou kaartjie te bespreek. Besoek www.indielaer.co.za vir meer inligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: