SASOLBURG. – Die vrou, in ‘n video wat vandag op sosiale media gedeel is, wat na bewering ‘n kind sonder toestemming in ‘n winkel geneem het en na bewering wou ontvoer, is in hegtenis geneem.
FiNDiT het vroeër vandag berig oor die video wat verskeie ouers bekommerd gemaak het. Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die verdagte (24) sal Woensdag in die plaaslike landdroshof op aanklag van ontvoering verskyn.
Die CCTV-beeldmateriaal begin by die kind wat op ‘n reling sit. Daarna gaan dit oor na ‘n vrou wat ‘n kind dra. ‘n Ander vrou kom dan aangehardloop en vat die kind by die eerste vrou af. Die ouma van die kind wat in die video verskyn, het ook aan FiNDiT die inhegtenisneming bevestig.
LEES OOK: KYK: Video waarin vrou glo kind wil ontvoer, het ouers bekommerd
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



