Beginnersgids vir gaming

As jy daaraan dink om by die wêreld van gaming aan te sluit, lees verder.

Beginnersgids vir gaming

Beginnersgids vir gaming

Deesdae is gaming nie net meer net ’n stokperdjie of tydverdryf nie en ook nie net meer vir die manlike geslag nie. Baie vroue het ook nou by die wêreld van gaming aangesluit en jy kan selfs ekstra geld sowel as groot pryse met gaming verwerf.

Jy kan ook nou besluit of jy aanlyn wil speel of nie. As jy daaraan dink om by die wêreld van gaming aan te sluit, lees verder.

LEES OOK: Trok met petrolbom bestook

Wat jy gaan nodig hê

Watter toerusting jy gaan nodig hê, hang alles af of jy aanlyn wil speel en watter tipe speletjies jy wil speel.
Jy kan op ’n slimfoon, tablet, skootrekenaar, rekenaar, PlayStation of Xbox speel.

Aanlyn speletjies sal ’n Wi-Fi of internetverbinding nodig hê.

Meer gekompliseerde speletjies kan moontlik ekstra RAM, ’n gehoorstuk, ’n mikrofoon en ’n beter grafikakaart benodig.

Wat om te speel

Daar is ’n oorvloed van speletjies om van te kies. Vanaf sport, skietspeletjies tot platformspeletjies. Die opsies is eindeloos. As jy die presiese titels ken van speletjies wat jy graag wil speel, is dit ’n goeie begin. Indien nie, kan jy altyd aanlyn na lyste van gewilde speletjies met goeie resensies soek. Jy kan ook ’n paar video’s op YouTube kyk of selfs na ’n paar regstreekse Twitch-stromings kyk om te sien of dit iets is waarin jy belangstel.

Wat dit jou gaan kos

Die koste is grotendeels afhanklik van jou begroting en watter voorkeur-titels jy wil speel.Sekere titels is ook net op sekere platforms beskikbaar.

Oor die algemeen sou die koste soos volg wees: selfoon-en tabletspeletjies is die maklikste en goedkoopste, rekenaarspeletjies is gewoonlik duurder en konsolespeletjies is êrens in die middel.

Selfoon-en tabletspeletjies is uitstekend vanweë die toeganklikheid daarvan.

Rekenaarspeletjies is waarskynlik uitstekend omdat dit die breedste spektrum dek. Kostes kan ook wissel van minimaal tot astronomies, afhangende van jou behoeftes.

Konsolespeletjies is die mees ‘gamergesentreerde’ keuse van al die platforms, want as jy ’n konsole koop, doen jy dit slegs om speletjies te speel.

Hier is navorsing belangrik, veral omdat dit ’n groot finansiële verbintenis kan wees wat jou keuse en uitgawes in die toekoms sal beïnvloed.

LEES OOK: Voëlklip-tragedie: Heidi Scheepers sou vandag verjaar

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: