INDONESIË. – ‘n Indonesiese firma, Kimia Farma, staar moeilikheid in die gesig nadat hulle glo gebruikte Covid-neustoetsstelle gewas en weer gebruik het.
BBC-nuus berig tot 9 000 passasiers op ‘n lughawe in Medan is moontlik met die hergebruikte toetsstelle getoets, volgens die polisie. Die polisie sê verder hulle glo die beweerde bedrogspul het sedert Desember verlede jaar op die Kualanamu-lughawe in Medan, Noord-Sumatra, plaasgevind het.
Indonesiese firma dank personeel af
Vyf werknemers van Kimia Farma, waaronder die bestuurder van die maatskappy is, is deur die polisie in hegtenis geneem. Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle gesondheids- en verbruikerswette oortree het deur neusstokkies te was en dit weer vir verkoop verpak het.
Kimia Farma het intussen die betrokke personeel afgedank en belowe om die interne beheer te verskerp om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.
LEES OOK: Man glo ontvoer, aan die brand gesteek, verwurg oor beweerde liefdesdriehoek
LEES OOK: Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



