Vrou swanger met sewe babas, gee geboorte aan nege

“Dit gaan tot dusver goed met die moeder en met die babas.”

Sy het Dinsdag 4 Mei geboorte gegee aan nege babas.

Sy het Dinsdag 4 Mei geboorte gegee aan nege babas. (Foto: Mirror)

MOROKKO.- Halima Cisse (25) het op Dinsdag 4 Mei geboorte aan nege babas gegee. Die regering van Mali het bekend gemaak dat hulle haar na Morokko laat vlieg het sodat sy beter gesondheidsorg kon ontvang. Aanvanklik is gedink sy verwag sewe babas, omdat twee nie deur voorgeboortelike sonars raakgesien is nie.

Volgens The South African het Fanta Siby, die minister van gesondheid in Mali, in ‘n verklaring gesê Cisse het aan vyf dogtertjies en vier seuntjies deur middel van ‘n keisersnit geboorte gegee. “Dit gaan tot dusver goed met die moeder en met die babas.”

Nonuplets (negelinge) is uiters skaars en dit is baie seldsaam dat al die babas tot die geboortestadium ontwikkel.

Vorige multi-geboortes

Voor hierdie sonderlinge geval van nonuplets was die McCaugheys van Iowa, Amerika, die wêreld se eerste septuplets (sewelinge) wat oorleef het. Hulle is in 1997 in Amerika gebore. Daar is vier seuns en drie meisies. Hulle het almal oorleef en is al volwassenes. Twee van hulle ly aan serebrale verlamming.

Geraldine Brodrick, ‘n Australiese vrou, het in 1971 geboorte aan nege babas geskenk. Twee van haar babas is dood gebore. Ongelukkig het nie een van die babas ouer as ses dae geraak nie.

Lees ook: Polisiesersant op huisbraaktoneel doodgeskiet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *