JOHANNESBURG. – ‘n Man wat na bewering in ‘n liefdesdriehoek betrokke was, het glo ‘n man ontvoer, aan die brand gesteek en daarna verwurg.
Daar word beweer Themba Bongani Mziyakho het petrol op die slagoffer gegooi en hom aan die brand gesteek. Nadat die slagoffer steeds asemgehaal het nadat die vuur reeds uitgebrand het, is hy glo verwurg en in ‘n rivier gegooi.
Verdagtes vas na man glo ontvoer, aan die brand gesteek is
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê die oorledene se familie het hom op Vrydag 30 April as vermis by die Kriel-polisiekantoor aangemeld. Volgens Hlathi het Mziyakho Sondag na die polisiekantoor gegaan en erken dat hy die slagoffer vermoor het. Mziyakho en nog ‘n verdagte word van moord aangekla.
“Hy het toe die polisie na die plek gelei waar die voorval plaasgevind het. Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle die verkoolde oorskot van die man gekry.” Die verdagtes sal 10 Mei weer in die hof vir ‘n formele borgaansoek verskyn.
LEES OOK: KYK: Video waarin vrou glo kind wil ontvoer, het ouers bekommerd
EES OOK: Parkinson-siekte: jong ma (35) dink eers sy het spier seergemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



