‘Dit was my vierde dag’ sê man langs Leo

Prinsloo is intussen as Suid-Afrika se eie Chuck Norris gedoop.

'Dit was my vierde dag', sê man langs Leo (Foto's: Cape Talk, skermgreep uit die video)

'Dit was my vierde dag', sê man langs Leo (Foto's: Cape Talk, skermgreep uit die video)

PRETORIA. – Die man wat langs Leo Prinsloo in die video van ‘n mislukte transitorooftog sit, sê dit was maar sy vierde dag by dié maatskappy.

‘n Video van die voorval is wyd op sosiale media versprei en Prinsloo, wat koelkop bly terwyl daar skote op hom en sy kollega neerreën, is intussen as Suid-Afrika se eie Chuck Norris gedoop.

Lees hier meer oor Prinsloo.

Volgens eNCA was dié dag, 22 April, Lloyd Mtombeni se vierde dag by die maatskappy en sy derde dag onder leiding van Prinsloo, ‘n voormalige skerpskutter in die polisie.

“Instink skop maar in,” vertel Prinsloo aan eNCA. “As ons mense oplei, sê ons gewoonlik vir hulle om te visualiseer wat hulle gaan doen. Dis wat ek gedoen het, ek het gevisualiseer wat ek gaan doen, tot die beste van my vermoë.”

Mtombeni het aan eNCA gesê dit was die eerste keer dat daar op hom geskiet is, maar dat hy rustig was omdat hy onder die ervare Prinsloo se leiding was.

Klik hier om na die video te kyk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *