NEW YORK. – Ari Nagel (44), ook bekend as die Sperminator, is ‘n spermskenker wat al 78 kinders verwek het en tans 13 vroue swanger het.
Nagel wat al op The Dr. Oz Show verskyn het, sê hy help graag vroue en sukkel om vir mense nee te sê wanneer hulle hom vir hulp vra. Hy sê verder nog ‘n rede waarom hy spesifiek vroue help om swanger te word, is omdat hy die vreugde en liefde, wat hy as “ouer” ontvang, waardeer.
Sperminator het amper 100 kinders
“Dit verskaf my baie vreugde verskaf om te sien hoe gelukkig die kinders is, hoe gelukkig die mammas is en om al hierdie pragtige gesinne te sien wat ek kon help groei.”
Alhoewel baie spermskenkers nooit hulle kinders ontmoet wat hulle verwek nie, of dalk beperkte kontak met hulle het, sê Nagel dat hy ‘n verhouding met ‘n paar van sy kinders het. Nagel vertel verder die familie kan self besluit of hulle wil hê hy moet ‘n verhouding met die kind hê of nie.
Plaaslike media berig Nagel vra nie geld as hy sy sperms skenk nie. Die pa van amper 100 kinders sê soms moet hy reis na families wat sy sperms vereis.
Hy was al in Afrika
“Ek het al twee keer na Afrika gegaan om vroue te ontmoet wat wil swanger raak. Ek was al in Barbados en toe Georgia, die land, nie die staat nie,” berig Daily Mail.
Nagel was vir meer as 10 jaar getroud, maar sy eks-vrou het glo nooit sy “leefstyl” aanvaar nie. Hy verduidelik en sê sy vrou wou altyd gehad het hy moet net ‘n gewone man wees. Hy is nou glo enkellopend en geniet die vreugde en liefde wat hy van al sy kinders ontvang.
LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



