KWAZULU-NATAL. – Die Valke van Port Shepstone het vier verdagtes tussen 31 en 60 jaar oud in hegtenis geneem na ‘n transitorooftog wat op Vrydag 30 April 2021 op die N2-hoofweg naby Harding plaasgevind het.
Daar word beweer dat twee transitovoertuie van Port Shepstone na Kokstad onderweg was nadat hulle kontant opgelaai het. Terwyl die een voertuig in ‘n konvooi gereis het, het die ander voertuig verdwyn. Dit is toe die voertuig na bewering deur die verdagtes oorval is.
Polisie vind R709 510 na transitorooftog
Kapt. Simphiwe Mhlongo, polisiewoordvoerder, sê ‘n onbekende bedrag kontant is geneem en die verdagtes het van die toneel gevlug. Die saak is by die Harding-polisiekantoor aangemeld en die saak is aan die Valke vir ondersoek oorhandig.
“Die polisie het alle veiligheidswagte ondervra en daar is vasgestel drie van die wagte was na bewering betrokke. Hulle huise is deursoek en drie van hulle is glo met kontant gevind wat na bewering tydens die rooftog gebuit is. ‘n Totaal van R709 510 is gevind.
LEES OOK: 50 000 liter se rooiwyn loop uit toe wyntenk ineenstort
LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



