WES-KAAP. – ‘n Wyntenk wat 50 000 rooiwyn bevat het, het Dinsdag by Darling Wine Cellars ineengestort wat die wyn soos ‘n rivier laat wegvloei het.
In ‘n verklaring op hul Facebook-bladsy sê die kelder hulle vermoed dat die staander waarop die tenk staan, ingegee het. In die proses het dit op ander tenks geval, wat gelei het tot die verlies aan wyn van die nuwe oesjaar.
“Alhoewel dit ‘n groot finansiële verlies is, is niemand beseer nie. Dit hou geen onmiddellike risiko vir die wynvoorraad in nie en ons sal die terugslag oorkom,” het ‘n woordvoerder van die kelder gesê.
LEES OOK: KYK: Petroljoggie dink vinnig toe vermeende motorkapers toeslaan
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.





