Hierdie koekies met roomkaas en mini-sjokoladeskyfies smelt eenvoudig in jou mond. Die koekies is eenvoudig, lig en lekker.
LEES OOK: Vermiste vrou se liggaam naby Villiers gevind
Bestanddele:
- 1¼ koppie meel
- ¼ koppie mielieblom
- ½ teelepel bakpoeier
- ¼ koppie botter, kamertemperatuur
- 113 g roomkaas, kamertemperatuur
- 1 groot eier
- 1 eetlepel melk
- ½ teelepel vanielje-essens
- 1¼ koppie strooisuiker
- 5-6 eetlepel mini-sjokoladeskyfies
Metode:
- Meng meel, mielieblom en bakpoeier in ’n medium bak. Plaas eenkant. Meng botter en roomkaas met ’n elektriese menger teen medium spoed, in ’n groot bak totdat dit glad en romerig is. Voeg daarna ’n eier, melk en vanielje-essens by en meng verder.
- Voeg dan strooisuiker by en meng nog ’n bietjie totdat die mengsel donsig is. Sif droë bestanddele by en meng tot jy gladde deeg kry. Voeg laastens mini-sjokoladeskyfies by en roer goed. Laat staan in yskas vir ’n uur. Voorverhit die oond tot 190°C.
- Voer twee bakplate uit met bakpapier. Haal die deeg uit die yskas. Vorm dit in balle (24-26 balle). Plaas dit op die bakplate. Druk die balle met jou hand plat.
- Strooi ’n bietjie mini-sjokoladeskyfies oor. Bak vir 10 minute. Haal dit uit die oond en laat dit vir ’n paar minute in die bakplate afkoel. Plaas dit oor na ’n draadrak om heeltemal af te koel.
Oorspronklike resep deur Sweet Spicy Kitchen
LEES OOK: Yolandi Botes se liggaam gevind
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



