Veiligheidswenke vir wanneer jy Uber gebruik

Deel hierdie storie / Share this story

Moet jy Uber gebruik? Wanneer jy reis, het jy soms geen keuse as om van taxidienste gebruik te maak nie. Daar is egter wel maniere hoe jy jouself kan beskerm as jy Uber se diens moet gebruik.

Dit kan vir seker jou lewe red as jy weet hoe om seker te maak jy klim in die regte motor, waarheen jy gaan en wanneer om hulp te ontbied.

LEES OOK: Vermiste vrou wreed vermoor

Bestel jou Uber binne die gebou

Of jy nou by die lughawe of in die dorp opgelaai moet word, maak seker jy bestel jou Uber terwyl jy nog binne die gebou is. Verminder die tyd wat jy buite, veral met jou selfoon in jou hand, staan. Die beste is om binne te wag totdat die toep jou laat weet jou drywer is buite.

Maak seker

Voor jy in die motor klim, moet jy seker maak dit is die regte bestuurder en die regte motor deur die nommerplaat, motorfabrikant en -model en die bestuurdersfoto te pas by wat in die toep voorsien word. Uber kan slegs deur die toep aangevra word. Moet dus nooit in ’n motor klim waar die voertuig- of bestuurderidentiteit nie ooreenstem met wat in jou toep vertoon word nie.

Laat die bestuurder jou naam bevestig

Dit belangrik om die bestuurder te vra om jou naam te bevestig voordat jy in die voertuig klim. Jou naam word aan die drywer in die toep gewys. Jy kan ook sy naam in jou toep sien. Voor jy inklim, vra altyd: “Wie is dit wat jy moet optel?”

Sit agter

Sit sover moontlik op die agtersitplek, veral as jy alleen reis. Dit help om te verseker dat jy veilig aan weerskante van die voertuig kan uitklim om verkeer te vermy, en dit bied jou en die bestuurder persoonlike ruimte.

Deel jou reisbesonderhede met geliefdes

Terwyl jou drywer jou na jou bestemming neem, klik in die toep op Share trip status om jou bestuurder se naam, foto, nommerplaat en ligging met ’n vriend of familielid te deel. Hulle sal ’n teks- of Push-kennisgewing ontvang waarmee hulle jou reis kan nagaan en ook jou aankomstyd kan sien.

Vertrou jou instinkte

Vertrou op jou instinkte en gebruik jou beste oordeel. As jy ooit in gevaar voel, kan jy die polisie skakel deur die noodknop in jou toep te druk. Elke keer as jy nooddienste vanuit die Uber-toep skakel, bied die toep jou intydse ligging en reisbesonderhede wat met die versender gedeel word.

Onthou, as jy onveilig voel, kan jy die rit enige tyd beëindig.

LEES OOK: Vermiste vrou se liggaam naby Villiers gevind