PRETORIA.- Nuwe beeldmateriaal van die gepoogde transitorooftog wat op 22 April op die N4 in Pretoria plaasgevind het, word op sosiale media rondgestuur.
Leo Prinsloo, wat onder die bende rowers kon uitjaag, het internasionaal opslae gemaak toe hy op ‘n video van die rooftog so koel soos ‘n komkommer voorgekom het.
Prinsloo het sedert die video in omloop is, die status van Suid-Afrika se eie Chuck Norris.
In die video is dit duidelik hoe Prinsloo in die truspieëltjie loer oomblikke voor die koeëls op hom en sy kollega begin reën. Hy reageer dadelik en begin deur die verkeer wegjaag van die rowers en sê intussen vir sy kollega om sy wapen gereed te hou.
Prinsloo is ‘n voormalige lid van die SAPD en die hoofinstrukteur by Fortis Pro Active Defence se Lone Operator-kursusse.
Hy is ook die eienaar van The Edge Shooting Academy.
Hier is ‘n video van die bestuurder se oogpunt.



