Tienermeisie sterf tydens seksuele aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

NAMIBIË. – Die polisie in Gibeon ondersoek die dood van ’n tiener wat na bewering met stomp voorwerpe en klippe seksueel aangerand is. Die meisie het tydens die aanval gesterf.

Erik Clay, polisiekommissaris van Hardap, het die voorval, wat Maandag op ’n plaas naby Dochheib Noord plaasgevind het, aan Namibian bevestig.

LEES OOK: Vermiste vrou wreed vermoor

Partytjie bygewoon

Namibian berig die slagoffer (17) en verdagte (24 jaar) het ’n verjaardagpartytjie op ’n naburige plaas bygewoon.

Die verdagte het Donderdag in die landdroshof op Mariental op aanklagte van moord en verkragting verskyn.

Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Veiligheidswenke vir wanneer jy Uber gebruik

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.