China se troeteldier-raaiselboks veroorsaak opskudding

Deel hierdie storie / Share this story

CHINA.- Die troeteldier-raaiselboks het opskudding onder sosialemediagebruikers veroorsaak, nadat 160 benoude katte en honde in die vragmotor van ‘n koeriermaatskappy gevind is.

Volgens BBC word die raaiselboks aanlyn bestel. Die boks met ‘n onbekende dier word dan deur die pos na die koper gestuur. Die Chengdu Aizhijia Animal Rescue Centre, ‘n dierereddingsroep, het gesê die voertuig wat Maandag gevind is, het 160 honde en katte ingehad wat almal onder drie maande oud is. ‘n Aantal van hulle is oorlede. Video-opnames toon die bokse wat tot teen die vragmotor se plafon gelaai is.

“Die vragmotor was gevul met gille van katjies en hondjies,” skryf die groep. ‘n Groep vrywilligers het deurnag by die diere gebly. Die diere is voorsien van kos en water terwyl hul mediese ondersoeke ondergaan het.

Troeteldier-raaiselboks is glo baie gewild

Alhoewel die Chinese wetgewing nie die vervoer van lewende diere toelaat nie, is die raaiselboks ongelooflik gewild. Hierdie bokse kan aanlyn gekoop word met diere soos skilpaaie, akkedisse, honde, katte en rotte in.

Sosialemediagebruikers het hul woede uitgespreek teenoor die hantering van diere in China.

Lees ook: SPCA verwyder ongeveer 150 diere by huis