February 26, 2021

SPCA verwyder ongeveer 150 diere by huis

Foto: SPCA Randburg Facebook page

JOHANNESBURG. –  Ongeveer 150 diere insluitend eksotiese spesies is glo uit haglike omstandighede uit ’n vrou se huis in Greenside verwyder.

Die dierebeskermingsorganisasie sê hulle gaan ’n kriminele klag teen die huiseienaar lê.

Uit walglike omstandighede verwyder

“Die perseel is deursoek en om elke hoek en draai is ’n gru-toneel ontdek. Die diere het swaargekry. Die SPCA van Randburg het beslag gelê op ondermeer hamsters, rotte, muise, papegaaie, gerbils, konyne en ‘n boa,” het die SPCA aan Times Live gesê.

Die inspekteurs was geskok oor die walglike omstandighede waaronder die diere moes lewe. Die SPCA sê om ’n troeteldier aan te hou, is ’n groot verantwoordelikheid.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: