Man opgehang gevind: ‘Hy was ’n baie goeie werker’

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die liggaam van ’n man wat gisteroggend opgehang teen die polisiekantoor gevind is, is dié van Selo Philamon Monoge (38).

LEES OOK: Tannie sien video’s van niggie se verkragting op selfoon

Goeie werker

Francois Joubert van KimThatchers sê Selo het vir om en by 25 jaar vir sy skoonpa, Danie Meyers, gewerk.

“Hy het vir baie jare by ons gewerk. Hy was regtig ’n baie goeie werker. Ons was bitter geskok oor die nuus.”

Eie besigheid begin

Selo het grasdakke gebou en het ongeveer ses maande gelede KimThatchers verlaat om sy eie besigheid saam met sy broer te begin.

Liggaam gevind

Sello se liggaam is gisteroggend omstreeks 06:00 deur ’n sekuriteitswag wat oorkant die polisiekantoor werk, opgelet en gerapporteer.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê: “Daar is in hierdie stadium onsekerheid oor hoe die man toegang tot die gebou gekry het. Geen vuilspel word in hierdie stadium vermoed nie.”

Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Man vermis in Roodepoort

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.