Tannie sien video’s van niggie se verkragting op selfoon

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ’n Tradisionele geneser is op drie aanklagte tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis nadat ’n tannie video’s van haar niggie se verkragting op sy foon gekry het.

LEES OOK: Man opgehang gevind: polisie vermoed nie vuilspel nie

Herhaaldelik wreed verkrag

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê ’n meisie (15) is op 12 Desember 2018 deur haar ouers na ’n tradisionele geneser geneem. Die ouers het gehoop dat hy hulle dogter kan genees, maar hy het haar herhaaldelik wreed verkrag.

Tannie sien video’s

“Sfiso Emmanuel Mngadi (40) het die slagoffer herhaaldelik verkrag en alles met sy selfoon opgeneem. Die tante van die slagoffer het verlede jaar na dieselfde geneser toe gegaan, waar sy hom gevang het terwyl hy na die video’s van haar niggie se verkragting kyk.”

’n Saak van verkragting is by die Mahlabathini-polisie aangemeld.  

Mngadi is in hegtenis geneem en is tot drie keer lewenslank vir die verkragting gevonnis.

LEES OOK: Man vermis in Roodepoort

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.