Man opgehang gevind: polisie vermoed nie vuilspel nie

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die polisie vermoed nie vuilspel nadat die liggaam van ’n man vanoggend opgehang teen die polisiekantoor in Transvaalweg gevind is nie.

Lees die vorige artikel hier.

Sekuriteitswag kry man

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê ’n sekuriteitswag wat oorkant die polisiekantoor werk, het omstreeks 06:00 die man se liggaam, wat teen die polisiekantoor hang, opgelet. Hy het die polisie in kennis gestel.

“Daar is in hierdie stadium onsekerheid oor hoe die man toegang tot die gebou gekry het. Geen vuilspel word in hierdie stadium vermoed nie.”

Identiteit onbekend

Die identiteit van die man is nog onbekend. Die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Vlieënde voël neem Kimberley op horings