Liggaam opgehang in Transvaalweg gevind

“Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.”

Man opgehang gevind: “Hy was ’n baie goeie werker”

Man opgehang gevind: “Hy was ’n baie goeie werker” Foto: Verskaf

KIMBERLEY. – Die liggaam van ’n onbekende persoon is vanoggend opgehang by die Kimberley-polisiekantoor in Transvaalweg gevind.

LEES OOK: Mike Bolhuis sal Yolandi Botes-moord ondersoek

Liggaam deur verbyganger gesien

Die liggaam is glo eerste deur ’n verbyganger gesien. Transvaalweg was afgesper vir verkeer en voetgangers sodat die brandweer die liggaam, wat teen die kant van die polisiekantoor gehang het, kon verwyder.

Sers. Gopane, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT gesê die voorval word nog ondersoek en geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie.

LEES OOK: Tienermeisie sterf tydens seksuele aanranding

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

1 thought on “Liggaam opgehang in Transvaalweg gevind

  1. Baie maklik. Vind uit wie die persoon is en met watter sake hy verbind kan word. Dan begin julle die polisie ondersoek wat met die sake werk

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *