Mike Bolhuis sal Yolandi Botes-moord ondersoek

“Haar laaste ligging is in Edenvale opgespoor, waarna sy spoorloos verdwyn het.”

Vermiste vrou wreed vermoor

Vermiste vrou wreed vermoor Foto: Facebook

Mike Bolhuis, privaat speurder, sal die moord op Yolandi Botes (35), wie se liggaam Dinsdag 4 Mei 2021 in ’n rivier naby Villiers opgespoor is, ondersoek.

Bolhuis het vanaand op sy Facebook-blad, sowel as op sy webtuiste, bekend gemaak hy is deur Botes se familie aangestel om die moord te ondersoek.

Laaste ligging in Edenvale

“Botes het op 26 April 2021 ’n vlug na OR Tambo-lughawe geneem, waarna sy gebruik gemaak het van ’n taxidiens. Die taxidiens het haar by ’n winkelsentrum afgelaai waarna sy gesien is waar sy in ’n privaat voertuig klim.

“Haar laaste ligging is in Edenvale opgespoor, waarna sy spoorloos verdwyn het.”

Dele van Botes se opgekapte liggaam is Dinsdag deur ’n visserman en sy seun naby die Vaal Holiday Resort, Villiers, gevind. 

Lees ook oor toe sy weggeraak het, hier, asook die moontlike verbintenis met ‘n bebloede kamer in ‘n lodge, hier.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

1 thought on “Mike Bolhuis sal Yolandi Botes-moord ondersoek

  1. Begin by die bliksem met die Uber. En wanneer hy skuldig is, saag hom lewendig met n kettingsaag op

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *