KIMBERLEY. – Mariëtte Beeslaar, ‘n bekende en geliefde gr. 2-juffrou van Laerskool Eureka in Kimberley, se gedenkdiens vind Woensdag vanuit die Life Church in Kimberley plaas.
Beeslaar was Vrydagaand saam met ‘n boesemvriendin, Charné van Wyk, toe hulle in ‘n ongeluk met ‘n vragmotor betrokke was.
Van Wyk het ernstige beserings opgedoen en is tans in die hospitaal in Bloemfontein waar sy vir haar beserings behandel word.
Medelye stroom op sosiale media in.



