Was jy dié naweek by die “Dag in die laer” wat Saterdag by 8 Myl plaasgevind het? Hoe was dit vir jou?
Daar was regte egte ossewaens, propvol items presies nes dit tydens die Groot Trek gebruik is. Daar is botter gemaak, brood gebak, kerse gemaak en koffie gerooster.
Daar is demonstrasies aangebied van presies hoe die ossewa’s se wiele omgeruil is en van watter toerusting gebruik gemaak is.
Kuiergaste kon ook aan boeresportkompetisies deelneem soos sakresies, driebeenresies en die sterkman-kompetisie. Jy kon van naderby sien presies hoe dit binne-in die ossewaens gelyk het en ook hoe die kleredrag tydens dié tydperk gelyk het.
Daar is die aand 14 tradisionele Voortrekkerdisse in die laer van ossewaens voorgesit.
FiND iT was trots deel van die projek.








