KIMBERLEY. – ‘n Macaw (papegaai) het die inwoners van Belgravia op hol nadat dié 15-weke-oue troeteldier uit haar hok gekom het. Sy is tans in ‘n baie hoë boom voor Larry Schoeman se huis in Carringtonweg.
Haar eienaar, Jenique Emslie, sê inwoners het saamgespan om haar terug in haar hok te kry. Sy sit wel nog in die boom.
Hulle gaan tot donker wag en paaie rondom Carrington is afgesper.
Klik hier om na die video te kyk.
As jy die papegaai gewaar, kontak Jenique by 082 450 1205.


