KIMBERLEY. – ’n Blou-en-goud MaCaw-papegaai wat gisteraand uit sy hok ontsnap het, sit Kimberley-inwoners ore aan met sy ontsnaptaktieke. Menige mense met lere en selfs die brandweer is tans in Carringtonweg om die klein ontsnappertjie te probeer vastrek.
In Herlear ontsnap
Kaylin, wie se troeteldier die voël is, sê hy het gistermiddag omstreeks 15:00 in Main Road, Herlear, ontsnap en sedertdien is hulle na hom op soek.
FiND iT hou jou op hoogte.



