Man in hegtenis oor vermoedelik gesteelde items

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Man is Donderdag in hegtenis geneem op aanklag van die besit van gesteelde items ná die polisie op patrollie hom gestop en deursoek het.

Lt.-kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die polisielede was om ongeveer 04:00 Donderdagoggend besig met patrollie toe hulle die man op sy fiets gestop en deursoek het.

‘n Motorfietsbattery, twee selfone, oorfone en ‘n mes is volgens Mooi in die man se besit gevind.

“Die man kon geen verduideliking gee van waar hy die items gekry het nie,” sê Mooi.

Die items, ter waarde van ongeveer R17 000, is gekonfiskeer en die man is in hegtenis geneem.

Hy verskyn na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde items.