KWAZULU-NATAL. – Verskeie voertuie, onder andere ‘n petroltenkwa, was Maandagmiddag om 15:40 in ‘n botsing op die N3, Johannesburg, in die Midlands-streek betrokke, waartydens sewe mense dood is.
Vier kritiek na petroltenkwa ontplof
“Verslae dui aan dat ‘n bus, petroltenkwa en verskeie ander motors in ‘n botsing betrokke was. Ongeveer vier en veertig ander passasiers het geringe tot ernstige beserings opgedoen,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911.
Die brand- en reddingsdienste was op die toneel en het probeer om die brand te blus.

LEES OOK: Plaasaanval: boer in rug geskiet
Hou FiNDiT dop vir meer inligting oor die storie.



